20/10/2026
π 12 JAAR VAN OMGEE, LIEFDE EN KLEIN HARTJIES WAT GROEI! π
Ons wil vandag graag iets besonders met julle deel. β€οΈ
Ons Plek Helpende Hand Strand vier hulle 12de verjaarsdag! π₯³
En in plaas daarvan om vir geskenke te vra, het hulle 'n wenslysie van 12 dinge saamgestel wat 'n groot verskilletjie in hulle skool en in die lewens van die kinders kan maak.
Van 'n bietjie verf en herstelwerk tot nuwe sand vir die sandput, kunsbenodigdhede en sommer net iemand wat bereid is om 'n handjie te kom bysit.
Partykeer is dit die kleinste gebare wat die grootste verskil maak. β€οΈ
By Calitz Real Estate glo ons dat 'n gemeenskap soveel sterker is wanneer ons na mekaar omsien. En hierdie is een van daardie geleenthede waar ons as Helderberg-gemeenskap regtig kan saamstaan.
Dalk het jy 'n bietjie verf wat oor is? Dalk ken jy iemand wat handig is met herstelwerk? Of dalk het jy net 'n paar uur om te gee.
Jy hoef nie baie te hΓͺ om baie te beteken nie. π
Kom ons help om hierdie 12de verjaarsdag vir Ons Plek ekstra spesiaal te maak!
Gaan loer gerus na hulle oorspronklike plasing, deel dit met jou vriende en familie, en help ons om die woord te versprei.
π Gelukkige 12de verjaarsdag, Ons Plek! Dankie vir die liefde, geduld en omgee waarmee julle elke dag 'n verskil in klein mensies se lewens maak.
Met liefde,
Die Calitz Real Estate-span π