24/10/2026
Die gemeenskap van Lichtenburg in Noordwes rou oor die dood van adjudant-offisier 𝗘𝘂𝗻𝗶𝗰𝗲 𝗡𝗼𝗿𝘁𝗺𝗮𝗻 (𝟱𝟯), wat Maandag, 19 Oktober 2026, by ’n winkelsentrum deur ’n voertuig raakgery is.
Nortman, wat 𝟯𝟰 𝗷𝗮𝗮𝗿 𝗹𝗮𝗻𝗸 𝗶𝗻 𝗱𝗶𝗲 𝗽𝗼𝗹𝗶𝘀𝗶𝗲𝗱𝗶𝗲𝗻𝘀 was, was aan diens toe die voorval by Lichtenburg Mall plaasgevind het.
Sy het ernstige beserings opgedoen en is na ’n hospitaal geneem, waar sy later dieselfde aand oorlede is.
’n Video van die voorval, wat wyd op sosiale media versprei word, wys hoe ’n wit sportnutsvoertuig versnel en Nortman tref terwyl sy die pad oorsteek.
’n 𝟮𝟯-𝗷𝗮𝗿𝗶𝗴𝗲 𝗺𝗮𝗻 is in verband met die voorval in hegtenis geneem en staan tereg op ’n aanklag van moord. ’n Moontlike oortreding van immigrasiewetgewing word ook ondersoek.
Hy het Woensdag, 21 Oktober, in die landdroshof op Lichtenburg verskyn en bly in aanhouding tot sy volgende hofverskyning op 𝟮𝟳 𝗢𝗸𝘁𝗼𝗯𝗲𝗿 𝟮𝟬𝟮𝟲.
Nortman se man, met wie sy 30 jaar getroud was, onthou haar as ’n omgeemens wat altyd bereid was om ander te help.
Ian Cameron, voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie, het sy medelye met die familie betuig en gevra dat die saak dringend ondersoek word.
Hy het ook ’n beroep op die publiek gedoen om nie die ontstellende video te versprei nie, uit respek vir die familie.